


Watsenaam is n kommunikasie en bemarkings agentskap wat fokus daarop om:
1. Jou produk te verstaan
2. Jou teikenmark te verstaan.
3. Deur die regte media kanale by jou gehoor uit te kom.
By Watsenaam hou ons daarvan om eers te kyk watter kanale effektief is om met jou teiken gehoor te kommunikeer. Ons soek kreatiewe alternatiewe plekke om jou produkte /dienste te bemark en bekend te maak.
Besighede kan nie altyd iemand voltyds aanstel vir bemarking of skakelwerk nie. Met honderde agentskappe daar buite wat soms pakkette aanbied wat nie vir klein tot middelmatige besighede geskik is nie, bied ons baie buigsame opsies aan waar jy net wat jy nodig het in jou inkopie mandjie kan laai.

Die begin/skep van ’n handelsmerk, brand/ logo en kleure. (“Look and feel” van jou handelsmerk).

Opstel van standaard/ formate van kommunikasie dokumente soos briewe, FAQs, standaard eposse.

Opstel van ‘n Bemarking en verkoops- plan of veldtog/te

Opstel van sosiale media planne, help om advertensies te hardloop en mark navorsing.

Skryf, ontwerp, uitstuur en plasing van relevante media blootstelling op media kanale/ op platforms waar jou gehoor is.

Van pamflette ontwikkel tot Webtuiste ontwikkeling, digitale bemarking en veldtogte hardloop.

Ek het meer as 10 jaar se korporariewe ondervinding met bemarking, skakelwerk en media. Ek het al met b2b en b2c produkte en dienste gewerk in die Suid-Afrikanse mark en het ‘n passie vir “start-ups”. Dit maak my hart so opgewonde om te sien hoe ‘n handelsmerk vertaal word vanuit ‘n besigheid eienaar se hart na die teikenmark toe.
Volg gerus vir Watsenaam op Sosiale media en kry gratis wenke om jou bemarking beter te maak, of reik uit as jy net vinnig wil gesels of netwerk. Ek doen ook enige werk in Engels!
Ek hoop om saam met jou jou besigheid te sien floreer!
Open today | 09:00 – 17:00 |
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.